09:00 Oggenddiens
08:30 Kerklike Feesdae
18:00 Aanddiens
Sondagaande: 17:30 in Gebedskamer.
Nagmaal: 08:30 in Gebedskamer.
Woensdae: Soos gelys op afkondigings.
Sondae 10 minute na afloop van die oggenddiens in die kerk (juniors) en saal (seniors).
Belydenisklas: Woensdae 17:30 in Gebedskamer.
Volwassenes soos gereël met die leraar.
Barmhartigheid is een van kernbedienings van De Bloem. Omdat die gemeente geleë is in ’n lae-inkomste omgewing is die nood groot en is die verspreiding van kospakkies onontbeerlik. Klere, beddegoed en ander benodighede word ook aan hulpbehoeftes verskaf.
Behalwe vir alimentasie aktiwiteite is die kommissie ook betrokke by die volgende aktiwiteite:
By De Bloem glo ons daaraan dat ons jeug van ’n jong onderdom opgevoed word in die Woord van God. Kategese strek van voorskools tot by die belydenisjaar. Volwasse kategese word ook aangebied. Elke laaste Sondag van die kwartaal word SKJA Sondag gehou waar kinders op ’n unieke manier verryk word. Die Bybel staan sentraal in die opvoeding van ons jeug.
Die kommissie bemoei hulself met die aktuele sake van die kerk en die land. Daar word gekyk na sake in die media, beleids- en inligtingsdokumente van Ringe, Sinodes en die Algemene Sinode. Die fokus val ook op die leringe in die kerk en dwaalleringe waaraan lidmate daagliks blootgestel word.
Eredienssake word hanteer in die gemeentebediening kommissie. Beplanning vir sangdienste en ander spesiale dienste word hanteer. Kwartaallikse vraelyste se terugvoer word bespreek en aksie planne in plekke gestel om voordurend te verbeter. Preekreekse en fokus op spesifieke Bybeltemas word bespreek en beplan.
Begrotings, kontantvloei, inkomste en uitgawes en alle finansiële sake is natuurlik belangrike sake, maar vele ander sake vorm deel van die agenda insluitend: